{"id":7502,"date":"2020-06-26T16:32:21","date_gmt":"2020-06-26T14:32:21","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7502"},"modified":"2020-06-26T16:32:21","modified_gmt":"2020-06-26T14:32:21","slug":"kabinet-moet-besluit-oor-mpumalanga-se-herstelplan-vir-toerisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/kabinet-moet-besluit-oor-mpumalanga-se-herstelplan-vir-toerisme\/","title":{"rendered":"Kabinet moet besluit oor Mpumalanga se herstelplan vir toerisme"},"content":{"rendered":"
Plaaslike rolspelers in die toerismebedryf het Donderdag met die provinsiale regering vergader om \u2018n herstelplan vir Mpumalanga se toerisme te finaliseer.
\nDie provinsie staar massiewe werksverliese in die gesig, as die toerismebedryf nie spoedig normaliseer nie.
\nOupa Pilane, van die Kruger Laeveld se Toerisme en Sakekamer en Suider-Afrikaanse Toerismediensvereniging (Satsa), s\u00ea met slegs die gedeeltelike heropening die sektor kan tot 30 000 van die 80 000 werksgeleenthede in die provinsie verlore gaan.
\nDie voorgestelde herstelplan moet egter eers aan die nasionale regering voorgel\u00ea word.<\/p>\n\n