{"id":7489,"date":"2020-06-26T14:00:35","date_gmt":"2020-06-26T12:00:35","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7489"},"modified":"2020-06-26T14:00:35","modified_gmt":"2020-06-26T12:00:35","slug":"uitsluitsel-oor-restaurante-vrydag-verwag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/uitsluitsel-oor-restaurante-vrydag-verwag\/","title":{"rendered":"Uitsluitsel oor restaurante Vrydag verwag"},"content":{"rendered":"
Groot onsekerheid heers in die restaurantbedryf oor wanneer hulle weer sal kan oopmaak.
\nNuwe inperkingsregulasies is gister in die staatskoerant gepubliseer.
\nDaarvolgens sal restaurante toegelaat word om weer te heropen.
\nDit is egter steeds onderhewig aan riglyne wat nog uitgereik moet word. Dieselfde geld vir casino\u2019s, teaters, museums en biblioteke.
\nDie minister van toerisme sal na verwagting vandag om 17:00 \u2018n perskonferensie oor die wysigings hou.
\nVolgens Wendy Alberts, voorsitter van die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa), het die minister onderneem om vandag nog antwoorde te verskaf.<\/p>\n\n