{"id":7454,"date":"2020-06-25T13:47:59","date_gmt":"2020-06-25T11:47:59","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7454"},"modified":"2020-06-25T13:47:59","modified_gmt":"2020-06-25T11:47:59","slug":"bloedbank-sukkel-sonder-skole","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/bloedbank-sukkel-sonder-skole\/","title":{"rendered":"Bloedbank sukkel sonder skole"},"content":{"rendered":"
Die w\u00eareld mag dalk weens Covid-19 vir \u2018n paar weke stilgestaan het, maar chroniese siektes en geboortes het nie.
\nBloed red daagliks ontelbare lewens en die enigste manier om dit by pasi\u00ebnte in nood te kry, is wanneer gesonde mense dit skenk.
\nJunie is Nasionale Bloedskenkmaand maar SANBS Laeveld s\u00ea hulle sukkel om genoeg bloed in te kry.
\nVolgens Relebohile Matsimbi is skole gewoonlik hul grootste bron van bloed, maar hulle word tans glad nie daar toegelaat nie.
\nHulle mag ook nie by kantore omgaan nie. Matsimbi s\u00ea hulle bereik daarom tans glad nie hul doelwitte nie.
\nLandwyd teiken SANBS 3 000 skenkings per dag om in die vraag te voorsien.
\nMatsimbi gee toe dat mense onseker is om te skenk weens die Covid-19-pandemie, maar sy het haar versekering gegee dat dit heeltemal veilig is.<\/p>\n\n