{"id":7378,"date":"2020-06-19T16:43:23","date_gmt":"2020-06-19T14:43:23","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7378"},"modified":"2020-06-19T16:43:23","modified_gmt":"2020-06-19T14:43:23","slug":"polisie-doen-beroep-op-gemeenskap-om-kinderverkragters-te-help-aankeer","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/polisie-doen-beroep-op-gemeenskap-om-kinderverkragters-te-help-aankeer\/","title":{"rendered":"Polisie doen beroep op gemeenskap om kinderverkragters te help aankeer"},"content":{"rendered":"
Die polisie in Mpumalanga ondersoek verskeie voorvalle van die verkragting van kinders.
\nIn die jongste voorval is \u2018n 13-jarige meisie Woensdag in Saselani naby Bosbokrand verkrag. Volgens die polisie moes sy die buitetoilet gebruik terwyl haar ouma nog geslaap het.
\nOp pad daarheen het sy twee swaar gewapende mans te\u00ebgekom. Hulle het haar beveel om nie te skree nie terwyl hulle \u2018n televisiestel uit \u2018n ander huis op dieselfde erf gesteel het.
\nHulle het haar daarna verkrag.
\nVolgens polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, volg hulle leidrade op, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.<\/p>\n\n