{"id":7353,"date":"2020-06-18T15:39:32","date_gmt":"2020-06-18T13:39:32","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7353"},"modified":"2020-06-18T15:39:32","modified_gmt":"2020-06-18T13:39:32","slug":"duidelikheid-nodig-vir-toerisme-na-inperkingsregulasies-verslap","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/duidelikheid-nodig-vir-toerisme-na-inperkingsregulasies-verslap\/","title":{"rendered":"Duidelikheid nodig vir toerisme na inperkingsregulasies verslap"},"content":{"rendered":"
Jy sal eersdaags weer kan uiteet en jou hare laat sny, maar \u2018n toeris wees? Daaroor word nog duidelikheid verlang.
\nPresident Cyril Ramaphosa het Woensdagaand aangekondig dat verskillende industrie\u00eb binnekort sal kan heropen, al bly die land vir eers op vlak 3 van inperking.
\nDit is goeie nuus vir haar- en skoonheidsalonne asook nie-kontaksport, teaters en casino’s.
\nOok restaurante en hotelle sal weer binne beperkings sake kan doen.
\nWat dit egter beteken vir toerisme, een van die Laeveld se grootste ekonomiese dryfvere, is onduidelik.
\nHoewel die Nasionale Krugerwildtuin oop is vir dagbesoekers, bly ander toeristeaantreklikhede gesluit.
\nOupa Pilane, president van die Kruger-Laeveld-toerisme-en-sakekamer, s\u00ea hulle verwelkom die besluit om meer ondernemings toe te laat om weer oop te maak, maar hulle sal die minister van toerisme nader vir meer duidelikheid.<\/p>\n\n