{"id":7339,"date":"2020-06-17T19:46:36","date_gmt":"2020-06-17T17:46:36","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7339"},"modified":"2020-06-17T19:46:36","modified_gmt":"2020-06-17T17:46:36","slug":"vraag-na-koshulp-al-hoe-groter-soos-inperking-voortduur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vraag-na-koshulp-al-hoe-groter-soos-inperking-voortduur\/","title":{"rendered":"Vraag na koshulp al hoe groter soos inperking voortduur"},"content":{"rendered":"
Die vraag na hulp met kos word al hoe groter in Mbombela en omliggende areas.
\nPlaaslike organisasies wat help om mense in nood van kos te voorsien, s\u00ea hulle sukkel al hoe meer om in die vraag te voorsien.
\nHoewel daar sedert die begin van die grendelstaat in Maart \u2018n oorvloed hulp verleen was, droog hulpverleners se vermo\u00eb op om te help omdat die vraag groter as die aanbod is.<\/p>\n
Mpumalanga Leadership Foundation (MLF) voed die dorp se haweloses, maar pastoor TJ Mar\u00e9 wys daarop dat al hoe meer mense met blyplek nie kos het nie.<\/p>\n
April het hulle sowat 500 kospakkies uitgedeel, maar hy voorspel dat hulle hierdie maand tussen 600 en 700 kospakkies sal moet versprei.<\/p>\n
‘Ons gee om Nelspruit’ is ook in \u2018n penarie. Thea Rix s\u00ea hulle kry tans slegs klere as donasies in en hulle moes reeds noodgedwonge uit hul eie sakke kos begin koop om mense te help.
\nSy is onseker hoekom die gemeenskap se ruimskootse ondersteuning wat hulle tot dusver geniet het, opgedroog het.<\/p>\n\n