{"id":7201,"date":"2020-06-09T14:37:08","date_gmt":"2020-06-09T12:37:08","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7201"},"modified":"2020-06-09T14:37:08","modified_gmt":"2020-06-09T12:37:08","slug":"plaaslike-gr-12s-meld-aan-by-skool","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/plaaslike-gr-12s-meld-aan-by-skool\/","title":{"rendered":"Plaaslike gr. 12\u2019s meld aan by skool"},"content":{"rendered":"
Gereed, gemasker en gewapen met saniteerder het die meeste van die Laeveld se matrikulante Maandagoggend d\u00edt wat oor is van hul finale skooljaar, hervat.<\/p>\n
Na maande van tuisonderrig en baie onsekerheid kon die land se gr. 7- en gr. 12-leerlinge uiteindelik weer hul plekke op die skoolbanke inneem nadat die skooljaar einde Maart wreed deur die Covid-19-pandemie ontwrig is.<\/p>\n
Lowveld High kon nie heropen nadat twee leerkragte verlede week positief vir Covid-19 getoets het.<\/p>\n
Al die onderwysers is intussen getoets en daar word op hul Covid-19 uitslae gewag voor die skool sal kan heropen.<\/p>\n
Buiten \u2018n paar tandekryprobleme het dinge in die area se ander grootste skole seepglad verloop. Die meeste leerlinge het ook skool bygewoon.<\/p>\n
Hoewel plaaslike skole deurgaans hard gewerk het om te verseker die kinders ontvang afstandonderrig, was almal opgewonde om weer na iets soos normaal terug te keer.<\/p>\n
By Ho\u00ebrskool Bergvlam het die Vlammie-onderwysers hul gr. 12-leerders met \u2018n erewag terug verwelkom.
\n<\/p>\n
<\/p>\n
<\/p>\n
<\/p>\n
<\/p>\n
<\/p>\n
<\/p>\n
<\/p>\n
<\/p>\n
Die leerlinge is ook deur onderwysers by die hek ontvang en elkeen se temperatuur is geneem en hul hande ontsmet.<\/p>\n
Deon Visser, die hoof, het die ouers en leerlinge bedank dat alles so vlot verloop het op die eerste dag.<\/p>\n
\u201cOns het redelik baie vroeg en vinnig met die dag begin sodat ons so normaal as moontlik in hierdie nuwe tye die kinders kon laat terugkom.\u201d<\/p>\n
Ho\u00ebrskool Nelspruit (NHS) het verlede week reeds begin met opleiding oor Covid-19 om die leerlinge en onderwysers gereed te maak vir die heropening, en was slaggereed.<\/p>\n
Die koshuis het ook heropen.<\/p>\n
Die\u00a0matrieks se ouers het ook Maandag vir die eerste keer in die skool se geskiedenis via Zoom \u2018n ouervergadering\u00a0aanlyn bygewoon.<\/p>\n
Om al die ouers te akkommodeer is twee vergaderings aangebied om hulle in te lig oor die skool se veiligheidsvoorbereidings.<\/p>\n
Volgens Johan Hattingh, die hoof, sal hierdie metode van kommunikasie definitief in die toekoms aangewend word, ook vir die ander graadgroepe se ouers.<\/p>\n
Ho\u00ebrskool Rob Ferreira s\u00ea hulle kon nie vir \u2018n beter eerste dag gevra het nie.<\/p>\n
Dawie Oberholzer, die hoof, hoop dat die gr. 11-leerders so gou as volgende week sal kan terugkeer skool toe.<\/p>\n\n