{"id":7177,"date":"2020-06-08T15:09:57","date_gmt":"2020-06-08T13:09:57","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7177"},"modified":"2020-06-08T15:09:57","modified_gmt":"2020-06-08T13:09:57","slug":"mpumalanga-bevestig-eerste-covid-19-sterfte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mpumalanga-bevestig-eerste-covid-19-sterfte\/","title":{"rendered":"Mpumalanga bevestig eerste Covid-19-sterfte"},"content":{"rendered":"
‘n Vyf-en-veertig-jarige vrou is Sondag as die eerste koronavirus-sterfte in Mpumalanga aangekondig.
\nDit is die laaste provinsie om \u2018n sterfte weens die pandemie aan te teken. Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes is daar landwyd reeds 952 sterftes weens die virus.
\nVolgens die provinsiale gesondheidsdepartement is die vrou reeds op 30 Mei in Mbombela-munisipaliteit oorlede, maar is die siekte eers Donderdag by haar bevestig.
\nWoordvoerder, Dumisani Malamule, wou weens die stigma nie s\u00ea in watter hospitaal sy oorlede is nie.
\nVolgens hom is die vrou op 26 Mei met \u2018n siekte in die boonste lugweg gediagnoseer, as \u2018n persoon wat ondersoek word ge\u00efdentifiseer, in \u2018n hospitaal se isolasiesaal opgeneem en vir die virus getoets.
\nSy het ook ander onderliggende siektes gehad waarvoor sy chroniese medikasie gebruik het.
\nSy is op 30 Mei oorlede. Haar Covid-19-toetsuitslae is op Donderdag, 4 Junie ontvang \u201cweens die tekort aan toetsstelle in die land,\u201d volgens Malamule.
\nHy kon nie bevestig of ander toetsuitslae so lank neem om af te handel nie.<\/p>\n\n