{"id":7136,"date":"2020-06-04T06:49:45","date_gmt":"2020-06-04T04:49:45","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7136"},"modified":"2020-06-04T07:10:28","modified_gmt":"2020-06-04T05:10:28","slug":"verdagtes-gesoek-na-verkragting-in-witrivier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/verdagtes-gesoek-na-verkragting-in-witrivier\/","title":{"rendered":"Verdagtes gesoek na verkragting in Witrivier"},"content":{"rendered":"
Die polisie is op soek na twee mans wat Dinsdag na bewering \u2018n 17-jarige meisie in Witrivier verkrag het.
\nVolgens polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, was sy op pad huis toe van \u2018n winkel toe sy deur die verdagtes oorval, in die bosse ingesleep en verkrag is.
\nDie mans het daarna gevlug en sy kon alarm maak.
\nVolgens Joe Pelser, veiligheidsvoorsitter van AfriForum-buurtwag in Witrivier, is hulle kort na 19:00 deur die polisie ontbied om met die soektog na die verdagtes te help.<\/p>\n\n