{"id":7129,"date":"2020-06-04T07:17:08","date_gmt":"2020-06-04T05:17:08","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7129"},"modified":"2020-06-04T07:17:38","modified_gmt":"2020-06-04T05:17:38","slug":"mpumalanga-skole-so-te-se-gereed","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mpumalanga-skole-so-te-se-gereed\/","title":{"rendered":"Mpumalanga-skole so te s\u00ea gereed"},"content":{"rendered":"
Mpumalanga se skole behoort volgende week gereed te wees om die gr. 7- en gr. 12-leerlinge terug te verwelkom.
\nDie heropening van skole vir hierdie graadgroepe was vir Maandag beplan, maar is Sondag ter elfder ure uitgestel.
\nHulle sal nou op 8 Junie terug mag keer, mits die betrokke skool gereed is.
\nIntussen is onderwysers en bestuurspanne terug op hul poste ter voorbereiding van die leerlinge se terugkeer.
\nDie land se skole is al sedert die grendelstaat afgekondig is, gesluit. Volgens die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, moet provinsies en distrikte self verseker dat fisiese afstande gehou word.
\nWoordvoerder vir Mpumalanga se onderwysdepartement, Japer Zwane, verwag dat al die skole in die provinsie Maandag gereed sal wees.
\nVolgens hom is 98% van skole ontsmet en beskermende kleredrag sowel as saniteerders is aangekoop.
\nHy voeg egter by dat gereedheid \u2018n deurlopende proses is.<\/p>\n\n