{"id":7048,"date":"2020-05-21T14:10:11","date_gmt":"2020-05-21T12:10:11","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7048"},"modified":"2020-05-21T14:10:11","modified_gmt":"2020-05-21T12:10:11","slug":"sakekamer-inperking-nou-erger-as-virus","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/sakekamer-inperking-nou-erger-as-virus\/","title":{"rendered":"Sakekamer: Inperking nou erger as virus"},"content":{"rendered":"
Die ekonomiese uitwerking van inperking begin nou sy tol eis.
\nWaar die meeste mense inperking aanvanklik gesteun het, sien hulle nie meer die sin daarin nie, veral nie in \u2018n lae risiko area soos die Laeveld tans is nie.
\nDie meeste van die land se 10 015 Covid-19-gevalle is in die Wes-Kaap en Oos-Kaap.
\nDaar is 61 in Mpumalanga waarvan 30 in Ehlanzeni-distrik voorkom.
\nVolgens die plaaslike sakekamer is s\u00ea die effek van inperking daarom erger as die virus.
\nLinda Grimbeek verduidelik dat die meeste plaaslike ondernemings baie klein is, en daar nie regtig staatshulp vir hulle beskikbaar is nie.
\nMense moet fisies werk om aan die lewe te bly, s\u00ea sy.<\/p>\n\n