{"id":7004,"date":"2020-05-08T17:40:45","date_gmt":"2020-05-08T15:40:45","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7004"},"modified":"2020-05-08T17:43:20","modified_gmt":"2020-05-08T15:43:20","slug":"covid-19-gevalle-styg-tot-58","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/covid-19-gevalle-styg-tot-58\/","title":{"rendered":"Covid-19-gevalle styg tot 58"},"content":{"rendered":"
Die Nkomazi- en Pixley-streke is as plaaslike brandpunte van die COVID19 pandemie uitgewys. Volgens die gesondheidsdepartement is daar tans 58 bevestigde gevalle in Mpumalanga waarvan 22 pasi\u00ebnte reeds herstel het. Nkomazi het binne vier dae van 12 na 20 gevalle gestyg. Mbombela het ook een meer geval bevestig en staan tans op agt. Intussen is die eerste geval in Thaba Chweu-munisipaliteit aangemeld. Daar is ook ‘n positiewe geval bevestig in Bosbokrand. Buite die Ehlanzeni-distrik is die Dr Pixley Ka Isaka Seme-munisipalitiet die grootse brandpunt met 15 gevalle.<\/p>\n
Die polisie het die publiek weereens gemaan om by inperkingsregulasies te hou. Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, sal dit chaos afgee om mense op groot skaal te arresteer.<\/p>\n\n