{"id":6977,"date":"2020-05-07T13:17:01","date_gmt":"2020-05-07T11:17:01","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=6977"},"modified":"2020-05-07T13:17:01","modified_gmt":"2020-05-07T11:17:01","slug":"inperking-stuur-af-op-n-humanitere-ramp-waarsku-kenners","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/inperking-stuur-af-op-n-humanitere-ramp-waarsku-kenners\/","title":{"rendered":"Inperking stuur af op \u0149 humanit\u00eare ramp, waarsku kenners"},"content":{"rendered":"

Die staat van inperking wat tans ernstige armoede en wanvoeding veroorsaak gaan 29 keer meer sterftes veroorsaak as wat Covid-19 kan doen, is die waarskuwing van \u0149 groep aktuarisse in \u0149 brief wat gerig is aan pres. Cyril Ramaphosa.<\/p>\n

In die brief met die opskrif: \u201cLockdown is a humanitarian disaster to dwarf Covid-19\u201d versoek hulle hom om die staat van inperking te lig sodat die sukkelende ekonomie weer aan die gang kan kom en so gou as moontlik herstel. \u201cIndien die verwagting dat die koronavirus miljoene der miljoene mense gaan doodmaak wetenskaplik bewys kon word, sou \u0149 mens die inperking kon regverdig. Nou is dit duidelik dat dit nie die geval is nie.<\/p>\n

Dit wil lyk asof daar w\u00eareldwyd nie meer as eenmiljoen mense aan Covid-19 gaan sterf nie. Die humanit\u00eare krisis wat egter deur die staat van inperking veroorsaak word, is reeds deeglik bewys,\u201d het hulle geskryf. In die brief verskaf hulle \u0149 aktuari\u00eble model wat alles duidelik uiteensit. Die skrywers van die brief noem hulleself Panda, wat staan vir Pandemic Data and Analysis. Twee van hierdie skrywers is Nick Hudson en Peter Castleden wat albei gerekende aktuarisse is en deel is van ASSA, die Aktuari\u00eble Vereniging van Suid-Afrika.<\/p>\n

Panda toon met \u0149 aktuari\u00eble model aan hoeveel lewensjare verlore sal gaan weens die inperking. Hulle het die som van die hele bevolking gebruik om die totale verlore lewensjare te bereken. Volgens hulle model sal daar tussen 14 en 34 miljoen lewensjare verlore gaan weens die inperking. Die verlies aan lewensjare wat voorkom sal word met die hulp van die inperking sal bloot tussen 26 800 en 473500 wees. Die groep stel voor dat daar \u0149 slimmer model van inperking geskep moet word. So kan bejaardes en siekes beskerm word, maar enigeen wat kan bydrae tot die ekonomie, moet toegelaat word om te werk.<\/p>\n

Daar moet ook steeds \u0149 verbod geplaas word op groot byeenkomste. Hulle vra ook dat kinders toegelaat moet word om terug te keer skool toe. Die ander voorkomende maatre\u00ebls soos sosiale distansi\u00ebring, die dra van maskers en die voortdurende was van hande word sterk aanbeveel. In hulle brief s\u00ea hulle ook die oorgrote aantal mense wat w\u00eareldwyd gesterf het aan die koronavirus is ou mense, diabete en mense met ho\u00eb bloeddruk en chroniese hart- of niersiektes. Hulle s\u00ea ook dat die impak van die koronavirus op die meerderheid van die bevolking, veral die ekonomies aktiewe mense en skoolkinders, totaal oordryf is in al die vooruitskattings wat gemaak is.<\/p>\n

Hulle het die brief afgesluit deur te s\u00ea dat hulle nog kundiges werf om deel te neem aan die navorsing en dat hulle sal voortgaan om hulle werk te verfyn. Die brief van Panda gerig aan pres. Cyril Ramaphosa het oorspronklik in Daily Maverick verskyn.<\/p>\n

Actuaries warn Ramaphosa of a \u2018humanitarian disaster to dwarf Covid-19′ if restrictive lockdown is not lifted<\/a><\/p><\/blockquote>\n