{"id":6925,"date":"2020-05-04T12:57:18","date_gmt":"2020-05-04T10:57:18","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=6925"},"modified":"2020-05-04T15:48:46","modified_gmt":"2020-05-04T13:48:46","slug":"nkomazi-toon-groot-toename-in-covid-19-gevalle","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/nkomazi-toon-groot-toename-in-covid-19-gevalle\/","title":{"rendered":"Nkomazi toon groot toename in Covid-19-gevalle"},"content":{"rendered":"
Mpumalanga se gesondheidsdepartement l\u00ea die skielike toename in Covid-19-gevalle in Nkomazi-munisipaliteit voor die deur van mense wat nie by die inperkingsregulasies hou nie.
\nNkomazi het die naweek \u2018n groot toename in Covid-19-gevalle aangeteken. Saterdag was daar slegs 12, en Sondag 17. Van hulle het ses reeds herstel.
\nDie amptelike bevestigde gevalle van die virus in die provinsie het gisteraand op 46 gestaan \u2013 teenoor 35 twee dae tevore.
\nGeen sterftes is in Mpumalanga aangemeld nie.
\nWoordvoerder vir die provinsiale gesondheidsdepartement, Dumisani Malamule, s\u00ea dit is vir hulle duidelik dat inwoners van Nkomazi nie by die inperkingsregulasies hou nie en vryelik rondbeweeg, wat die toename in gevalle tot gevolg het.<\/p>\n\n