{"id":6826,"date":"2020-04-30T13:12:02","date_gmt":"2020-04-30T11:12:02","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=6826"},"modified":"2020-04-30T13:25:24","modified_gmt":"2020-04-30T11:25:24","slug":"twee-kry-borgtog-na-renosterhoring-vonds","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/twee-kry-borgtog-na-renosterhoring-vonds\/","title":{"rendered":"Twee kry borgtog na renosterhoring vonds"},"content":{"rendered":"
Borgtog is Woensdag in die KaBokweni-hof aan twee mans wat van die besit en diefstal van renosterhoring aangekla word, toegestaan. Die ses renosterhorings wat glo in die mans se besit gevind is, is volgens die Valke nagenoeg R6 miljoen werd.<\/p>\n
Sipho Alfred Nyundu en Martin Prince Lekhuleni is aanvanklik verlede Vrydag saam met \u2018n derde verdagte in Pienaar in hegtenis geneem.<\/p>\n
Die klagtes is egter Woensdag teen Banele Georgina Nyalunga teruggetrek.<\/p>\n
Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale\u00a0woordvoerder\u00a0van die\u00a0Valke, s\u00ea hulle glo dat die horings stelle van drie gestroopde renosters is.<\/p>\n
Nyundu en Lekhuleni is Woensdag elk borgtog van R8\u00a0000 toegestaan.<\/p>\n\n