{"id":6693,"date":"2020-04-20T14:54:28","date_gmt":"2020-04-20T12:54:28","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=6693"},"modified":"2020-04-20T14:56:10","modified_gmt":"2020-04-20T12:56:10","slug":"malalane-superspar-gereed-vir-heropening","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/malalane-superspar-gereed-vir-heropening\/","title":{"rendered":"Malalane SuperSpar gereed vir heropening"},"content":{"rendered":"

Malalane SuperSpar is besig om gereed te maak om Dinsdag weer die deure vir die publiek te open.
\nDit moes op 7 April sy deure vir twee weke sluit, nadat twee werknemers positief getoets het vir Covid-19.
\nEienaar Lex Hollmann verduidelik dat drie mense in totaal uiteindelik positief vir die virus getoets het. Geen een is \u2018n direkte werknemer nie.
\nDie winkel het voor die sluiting reeds streng veiligheidsmaatre\u00ebls in plek gehad. Intussen is die perseel drie keer gesaniteer.
\nVragte vol bederfbare produkte is met die tydelike sluiting in die gemeenskap versprei. Nuwe voorrade vleis, vrugte en groente het vandag begin aankom, aldus Hollmann.
\nHy s\u00ea dit sal moontlik \u2018n dag of wat neem om al die rakke weer vol te pak. Hy verwag \u2018n besige winkel Dinsdag.
\nHollmann voeg by dat die bedryf van sake seker nooit weer dieselfde sal wees nie, weens die koronavirus.
\nHulle sal vanaf more korter ure oop wees. Hulle oorweeg maskers vir alle werknemers en noem dat die kassiere, wat meeste met die publiek werk, reeds skerms tussen hulle en die klante het.
\nMeer kassiere sal ook oop wees om klante so vinnig moontlik uit die winkel te kry.
\nWerknemers is ook in twee groepe opgedeel wat afsonderlik werk om hul moontlike blootstelling aan mekaar te beperk.
\nLuister:<\/p>\n\n

Kyk na Hollmann se jongste video oor die inperking:<\/p>\n