{"id":6636,"date":"2020-04-17T13:40:55","date_gmt":"2020-04-17T11:40:55","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=6636"},"modified":"2020-04-17T13:48:37","modified_gmt":"2020-04-17T11:48:37","slug":"sassa-bied-koshulp-so-doen-jy-aansoek","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/sassa-bied-koshulp-so-doen-jy-aansoek\/","title":{"rendered":"Sassa bied koshulp: S\u00f3 doen jy aansoek"},"content":{"rendered":"
Sassa fonds vir verligting van maatskaplike nood van stapel gestuur:<\/p>\n
Die tydperk van inperking gaan vir ten minste nog twee weke duur en Sassa se kantore landwyd is gesluit.
\nDianne Dunkerley, die uitvoerende bestuurder van toelaag-administrasie by Sassa, s\u00ea hulle fokus tans op die uitdeel van kospakkies en prioritiseer mense in vier kategorie\u00eb:
\n1. Die sowat 24 000 mense landwyd wat tydelike toelaes ontvang en dit nie in April kon hernu nie; 2. mense wat nie hul toelae kon ontvang nie; 3. diegene – soos pensioenarisse en nuwe ma\u2019s – wat nog nie vir toelaes kon aansoek doen nie; en 4. asook mense wat nie tans \u2018n inkomste of staatstoelaes ontvang nie.
\nDunkerley s\u00ea dat hulle eers seker maak dat die mense in laasgenoemde kategorie nie reeds elders, soos by maatskaplike ontwikkeling of \u2018n kerk, hulp onvang nie.<\/p>\n\n