{"id":6297,"date":"2020-04-02T18:24:40","date_gmt":"2020-04-02T16:24:40","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=6297"},"modified":"2020-04-02T18:50:02","modified_gmt":"2020-04-02T16:50:02","slug":"die-silwer-randjie-van-inperking","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/die-silwer-randjie-van-inperking\/","title":{"rendered":"Die silwer randjie van inperking"},"content":{"rendered":"
Mbombela-stad se berugte dwelmhandelaars is duidelik afwesig van die sakekern se strate sedert die grendeltydperk verlede week afgekondig is.
\nMarina Erasmus van Sanca Laeveld s\u00ea die tydperk van inperking het duidelik \u2018n positiewe kant betreffende dwelms op straat.
\n\u201cDit is nie (nou) so maklik beskikbaar nie.\u201d
\nSy voer aan dat die gewone mark in Andersen- en Bellstraat, waar veral armer mense gewoonlik hul dwelms koop, baie af is – al sedert \u2018n paar dae voor die inperking.
\n\u201cDit gaan net jou ryker mense wees wat binne hulle eie plek is wat kan bel en die handelaar kom dit moontlik by die huis aflewer.\u201d
\nBuiten hulp verleen aan Nelspruit Gemeenskapsforum waar baie haweloses gehuisves word, het Sanca nie \u2018n groot opbloei in die vraag na hul dienste ervaar die afgelope week nie, aldus Erasmus.<\/p>\n\n