{"id":6262,"date":"2020-04-01T06:56:56","date_gmt":"2020-04-01T04:56:56","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=6262"},"modified":"2020-04-01T07:10:54","modified_gmt":"2020-04-01T05:10:54","slug":"mpumalanga-werf-addisionele-verpleegassistente-vir-siftingstoetse","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mpumalanga-werf-addisionele-verpleegassistente-vir-siftingstoetse\/","title":{"rendered":"Mpumalanga werf addisionele verpleegassistente vir siftingstoetse"},"content":{"rendered":"
Daar is nou 12 bevestigde gevalle van Covid-19 in Mpumalanga.
\nPremier Refilwe Mtshweni-Tsipane het Dinsdag tydens \u2018n inligtingsessie aan die media bevestig dat vier pasi\u00ebnte reeds herstel het. Vier moontlike gevalle is ook in kwarantyn geplaas.
\nVolgens Mtshweni-Tsipane maak die provinsie ook gereed om deur-tot-deur siftingstoetse vir die koronavirus te doen, soos Maandagaand deur die president aangekondig.
\nOngeveer 520 verpleegassistente ontvang tans opleiding om daarmee te help.
\nDie premier het die gemeenskap gemaan om kalm te bly en nie hospitale en klinieke te oorval nie.
\nVolgens die president se plan sal deur-tot-deur siftingstoetse op huishoudings gedoen word, om te bepaal wie verder vir die koronavirus getoets moet word.
\nMtshweni-Tsipane het aangedui dat die besonderhede van die toetse weldra gekommunikeer sal word.
\nSy het inwoners geloof dat hulle die tydperk van inperking so ernstig opneem.<\/p>\n\n