{"id":6099,"date":"2020-03-26T12:38:08","date_gmt":"2020-03-26T10:38:08","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=6099"},"modified":"2020-03-28T20:47:16","modified_gmt":"2020-03-28T18:47:16","slug":"pumas-oefen-ook-by-die-huis","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/pumas-oefen-ook-by-die-huis\/","title":{"rendered":"Pumas oefen ook tuis"},"content":{"rendered":"

Nee, jy mag nie tydens die staat van inperking gaan draf nie.<\/p>\n

Die polisieminister, Bheki Cele, het Woensdag duidelikheid hieroor gegee. Jy mag vir die volgende drie weke ook nie buite jou erf oefen nie, en mag nie met jou hond gaan stap nie.<\/p>\n

Mpumalanga Rugby se uitvoerende hoof, Pieter Burger, s\u00ea hulle ondersteun die beperkings om die pandemie te beperk.<\/p>\n

Die unie se spelers het oefenprogramme wat hulle in hul huise kan volg.<\/p>\n

\u201cDit is glad nie ideaal nie,\u201d s\u00ea Burger. \u201cDit is nie 100% nie, maar binne omstandighede is dit die beste wat \u2018n ou kan doen.\u201d<\/p>\n

Die vooruitsig van die rugbyseisoen is natuurlik onduidelik. \u2018n Videokonferensie met SA Rugby is vir Vrydag gere\u00ebl oor kompetisies en beplande toetse.<\/p>\n

\u201cOns industrie is ongelooflik geraak hierdeur,\u201d voeg Burger by. \u201cOns is onder ongelooflike risiko op hierdie stadium.<\/p>\n

\u201cSuid-Afrika en ons geliefde industrie is by \u2018n kruispad en ons bid vir wysheid en die veiligheid van alle Suid-Afrikaners, veral diegene in die voorste linies, in die komende maande.\u201d<\/p>\n\n

Neels & Sanett het op Dagbreek met Dr. Anton gesels oor oefen en gesond eet terwyl ons in afsondering moet lewe:<\/p>\n