{"id":33551,"date":"2024-04-25T08:28:53","date_gmt":"2024-04-25T06:28:53","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=33551"},"modified":"2024-04-25T08:28:54","modified_gmt":"2024-04-25T06:28:54","slug":"rekord-sitrusuitvoere-verwag-ondanks-uitdagings","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/rekord-sitrusuitvoere-verwag-ondanks-uitdagings\/","title":{"rendered":"Rekord sitrusuitvoere verwag ondanks uitdagings"},"content":{"rendered":"

Suid-Afrika het \u2018n dispuut by die W\u00eareldhandelsorganisasie (WHO) verklaar oor die Europese Unie (EU) se regulasies rakende die swartvlek-sitrussiekte.<\/p>\n

Die WHO s\u00ea Suid-Afrika het gevra dat die kwessie besleg word \u2013 wat verband hou met die EU se streng regulasies oor die invoer van Suid-Afrikaanse sitrus.<\/p>\n

Dit behels dat produsente wat enigsins twyfel oor die swartvlekstatus van hul vrugte, dit nie mag uitvoer nie \u2013 om te verhoed dat die EU nie alle sitrusvrugte uit Suid-Afrika verbied nie.<\/p>\n

Die departemente van Landbou en van Handel, Nywerheid en Mededinging het onlangs aangekondig dat Suid-Afrika met die EU en die WHO in gesprek is oor maatre\u00ebls wat sitrus vry van di\u00e9 swamsiekte kan hou, insluitend bespuiting.<\/p>\n

Ondanks die uitdagings, verwag die Sitrusprodusentevereniging van Suider-Afrika ‘n sterk uitvoerseisoen.<\/p>\n

Justin Chadwick, die uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging, gesels met 100.5FM.<\/p>\n

Luister hier:<\/p>\n