{"id":33235,"date":"2024-04-12T13:37:03","date_gmt":"2024-04-12T11:37:03","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=33235"},"modified":"2024-04-12T14:04:06","modified_gmt":"2024-04-12T12:04:06","slug":"operasie-vala-umgodi-werp-nog-vrugte-af","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/operasie-vala-umgodi-werp-nog-vrugte-af\/","title":{"rendered":"Operasie Vala Umgodi werp nog vrugte af"},"content":{"rendered":"
Die polisie in Mpumalanga het die afgelope twee weke verskeie deurbrake gemaak teen onwettige mynbou met toerusting wat gekonfiskeer is, en arrestasies wat gemaak is.<\/p>\n
Daar is op toerusting in Sabie, Pelgrimsrus, Schoemanskloof en Barberton beslag gel\u00ea as deel van Operasie Vala Umgodi.<\/p>\n
Die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, s\u00ea in die jongste voorval is 11 verdagtes gister in hegtenis geneem vir beweerde onwettige mynbedrywighede op ‘n plaas buite Barberton.<\/p>\n
Onder hulle tel agt Zimbabwiese burgers en ‘n beampte van Korrektiewe Dienste.<\/p>\n
Hulle sal na verwagting vandag in die Barberton-landdroshof verskyn.<\/p>\n
Verskeie stukke toerusting is Woensdag ook verwoes.<\/p>\n
Luister hier:\u00a0<\/strong><\/p>\n\n