{"id":33198,"date":"2024-04-11T14:30:56","date_gmt":"2024-04-11T12:30:56","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=33198"},"modified":"2024-04-11T14:31:30","modified_gmt":"2024-04-11T12:31:30","slug":"mandla-msibi-uit-anc-geskors","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mandla-msibi-uit-anc-geskors\/","title":{"rendered":"Mandla Msibi uit ANC geskors"},"content":{"rendered":"
Die ANC in Mpumalanga het sy tesourier, Mandla Msibi, vir drie jaar geskors weens wangedrag.<\/p>\n
Twee jaar daarvan is opgeskort op voorwaarde dat hy nie weer aan dieselfde oortreding skuldig bevind word nie.<\/p>\n
Hy en ‘n medebeskuldigde, Sibusiso Mdluli, is skuldig bevind aan die oortreding van die party se grondwet.<\/p>\n
‘n Derde beskuldigde, Mandla Mhlanga, is onskuldig bevind aan die klagte teen hom.<\/p>\n
Dit is nog onduidelik of Msibi sal aanbly in sy pos as LUR vir Samewerkende Regering.<\/p>\n
Die tugoptrede volg op pogings om die 8 Januarie-saamtrek in Mbombela te ontwrig waar President Cyril Ramaphosa die hoofspreker was.<\/p>\n