{"id":33138,"date":"2024-04-09T14:28:33","date_gmt":"2024-04-09T12:28:33","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=33138"},"modified":"2024-04-09T14:39:49","modified_gmt":"2024-04-09T12:39:49","slug":"geel-vlak-4-waarskuwing-vir-reen","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/geel-vlak-4-waarskuwing-vir-reen\/","title":{"rendered":"Geel vlak 4-waarskuwing vir re\u00ebn"},"content":{"rendered":"
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n geel vlak 4-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende re\u00ebn wat tot plaaslike oorstromings kan lei in onder meer dele van Mpumalanga (sien grafika).<\/p>\n
<\/p>\n
Die regering s\u00ea die Nasionale Rampbestuursentrum en provinsiale en plaaslike rampbestuurspanne oral in die land is op ‘n ho\u00eb gereedsheidsgrondslag en help gemeenskappe wat deur swaar re\u00ebn geraak is.<\/p>\n
Gemeenskappe in vloedgeteisterde gebiede word gewaarsku om versigtig te wees terwyl oorstromings voortduur.<\/p>\n
Suid-Afrikaners moet toesien dat kinders veilig is en nie oorstroomde paaie, br\u00fbe en riviere oorsteek nie.<\/p>\n
Gemeenskappe wat deur die vloede geraak is, word gevra om op hulle hoede te wees.<\/p>\n