{"id":32904,"date":"2024-04-02T14:37:51","date_gmt":"2024-04-02T12:37:51","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=32904"},"modified":"2024-04-03T11:03:50","modified_gmt":"2024-04-03T09:03:50","slug":"pumas-oordonder-oostelike-provinsie-in-sa-beker","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/pumas-oordonder-oostelike-provinsie-in-sa-beker\/","title":{"rendered":"Pumas oordonder Oostelike Provinsie in SA Beker"},"content":{"rendered":"
Die Airlink Pumas kon nege drie\u00eb aanteken in hul oorwinning van 61-0 oor die Oostelike Provinsie in Nelspruit Vrydagaand in die SA Beker-toernooi.<\/p>\n
N\u00e1 twee rondes is die vier spanne van die Curriebeker-premierafdeling almal gelyk op die punteleer met 10 punte elk n\u00e1 twee oorwinnings.<\/p>\n
Die Griekwas sit boaan danksy ‘n voortreflike punteverskil, gevolg deur Cheetahs, Pumas en Griffons.<\/p>\n
Al 10 spanne is die komende naweek weer in aksie met die Cheetahs en Pumas wat mekaar Vrydag in Bloemfontein* die stryd aans\u00ea.<\/p>\n
Foto: Kaptured Concepts<\/p>\n