{"id":32386,"date":"2024-03-15T05:40:03","date_gmt":"2024-03-15T03:40:03","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=32386"},"modified":"2024-03-15T05:40:03","modified_gmt":"2024-03-15T03:40:03","slug":"moord-neem-toe-in-laeveld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/moord-neem-toe-in-laeveld\/","title":{"rendered":"Moord neem toe in Laeveld"},"content":{"rendered":"

Die misdaadstatistiek vir die provinsie wat Dinsdag bekendgemaak is, toon dat Ehlanzeni-distrik \u2018n toename van 68,8% in moorde in die derde kwartaal van 2023 beleef het.<\/p>\n

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die misdaadstatistieke vir die provinsie saam met die polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, aangekondig.<\/p>\n

Die syfers is teenoor dieselfde tydperk die vorige jaar met moordgevalle wat van 128 tot 216 toegeneem het.<\/p>\n

Poging tot moord het van 163 tot 225 toegeneem, \u2018n styging van 38%.<\/p>\n

Roof het met 25% gestyg en seksuele misdrywe met 13%.<\/p>\n

Ehlanzeni het ook ‘n groot toename gesien in ontvoerings.<\/p>\n

Die VF Plus het verskeie voorstelle aan die Mpumalanga-wetgewer voorgel\u00ea om die kommerwekkende toename in ontvoerings hok te probeer slaan.<\/p>\n

Die provinsiale partyleier, Werner Weber, s\u00ea dit is onbestrede aanvaar.<\/p>\n

Die voorstelle sluit in intelligensie en doelgerigte optrede om sindikate aan bande te l\u00ea.<\/p>\n

Luister hier:<\/p>\n