{"id":31803,"date":"2024-02-22T17:11:00","date_gmt":"2024-02-22T15:11:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=31803"},"modified":"2024-02-22T17:20:11","modified_gmt":"2024-02-22T15:20:11","slug":"opdatering-gemeenskap-keelvol-vir-haglike-paaie","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/opdatering-gemeenskap-keelvol-vir-haglike-paaie\/","title":{"rendered":"Opdatering: Gemeenskap keelvol vir haglike paaie"},"content":{"rendered":"
Die DA in Mpumalanga het sy oproep herhaal dat die provinsiale regering aandag skenk aan die haglike paaie rondom Thaba Chweu-munisipaliteit.<\/p>\n
Dit volg na die Badfontein-gemeenskap sedert gister die R36 tussen Lydenburg en Bambi versper uit protes teen sy uiters swak toestand (sien hiernaas).<\/p>\n
Sonia Boshoff, \u2018n lid van die Nasionale Raad van Provinsies, sonder die R540, R536 \u00e9n R36 uit as besonder gevaarlik.<\/p>\n
Die R540-pad.<\/p><\/div>\n
Sy s\u00ea hul toestand belemmer boonop ekonomiese en sake-bedrywighede vir inwoners van Lydenburg, Dullstroom, Bambi en Hazyview.<\/p>\n
Boshoff het die party se oproep van November herhaal dat die LUR vir die Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer daadwerklik ingryp.<\/p>\n
15 km ry na gemeenskap R36 versper – 21 Februarie 17:15<\/strong><\/h3>\n
Die Badfontein-gemeenskap versper die R36-pad tussen Lydenburg en Bambi sedert vanoggend met twee vragmotors uit protes teen die haglike toestand van ‘n deel van die pad.<\/p>\n
Volgens Gideon Cross, ‘n jarelange inwoner, het konstruksie sowat ses jaar gelede begin om die 50 km-pad in fases te herbou.<\/p>\n
Die kontrakteur wat tans met die derde fase van sowat 10 km besig is, het ‘n ompad gebou vir motoriste se gebruik, maar Cross s\u00ea dit word swak onderhou.<\/p>\n
“Dit laat ons nog met die laaste 10 km wat niemand weet wanneer dit ooit gedoen sal word nie.<\/p>\n
“Die eerste twee fases is reeds weer flenters gery en vol slaggate,” s\u00ea hy.<\/p>\n
Volgens Cross is die pad b\u00e1ie gevaarlik en dra dit swaar verkeer.<\/p>\n
“Die hoeveelheid vragmotors wat chroom en platinum na Maputo vervoer is eenvoudig te veel.”<\/p>\n
Boonop staak werkers, omdat die kontrakteur sedert November glo nie deur die Mpumalanga Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer betaal is nie.<\/p>\n
Die gemeenskap eis dat die departement op hul griewe reageer voor hulle die pad wees oop sal stel.<\/p>\n
Volgens berigte beloop die ry vragmotors wat gestrand staan sowat 15 km en kan Lydenburg glad nie via die roete bereik word nie.<\/p>\n