{"id":31554,"date":"2024-02-14T09:03:37","date_gmt":"2024-02-14T07:03:37","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=31554"},"modified":"2024-02-14T09:03:37","modified_gmt":"2024-02-14T07:03:37","slug":"verdagtes-vas-weens-gesteelde-voertuie-by-lebombo","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/verdagtes-vas-weens-gesteelde-voertuie-by-lebombo\/","title":{"rendered":"Verdagtes vas weens gesteelde voertuie by Lebombo"},"content":{"rendered":"

Drie Mosambiekse burgers verskyn vandag in die Komatipoort-landdroshof op aanklagte van die besit van gesteelde voertuie.<\/p>\n

Hulle is Maandag naby die Lebombo-grenspos gearresteer.<\/p>\n

Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, is die twee Toyota RAV4’s na bewering vroe\u00ebr die maand in onderskeidelik Edenvale en Garsfontein in Gauteng gesteel.<\/p>\n

Hy s\u00ea nog klagtes kan teen die beskuldigdes gevoeg word soos die ondersoek vorder.<\/p>\n