{"id":31492,"date":"2024-02-13T08:46:15","date_gmt":"2024-02-13T06:46:15","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=31492"},"modified":"2024-02-13T14:48:20","modified_gmt":"2024-02-13T12:48:20","slug":"vrou-in-hospitaal-na-suster-haar-glo-mes-steek","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vrou-in-hospitaal-na-suster-haar-glo-mes-steek\/","title":{"rendered":"Vrou in hospitaal na suster haar glo met mes steek"},"content":{"rendered":"
‘n Vrou is gister hospitaal toe gehaas na sy glo deur haar suster met ‘n mes gesteek is in Witrivier.<\/p>\n
Volgens Martin Jeffreys van Emer-G-Med het die een suster ‘n beskermingsbevel teen die ander bekom en dit by haar gaan afgee – sonder polisiebegeleiding.<\/p>\n
Sy het toe haar suster, teen wie sy die bevel gekry het, verskeie kere gesteek.<\/p>\n
Volgens Jeffreys het die vrou twee steekwonde aan haar rug, twee in die bors en twee aan haar arms gehad.<\/p>\n
Sy kon self tot by die polisiestasie ry vanwaar sy na Themba-hospitaal geneem is.<\/p>\n
Sy is daarna na Kiaat-hospitaal verplaas.<\/p>\n
Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, het die voorval bevestig.<\/p>\n
Hy s\u00ea ‘n saak van poging tot moord is geopen.<\/p>\n
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.<\/p>\n