{"id":30023,"date":"2024-01-01T14:12:26","date_gmt":"2024-01-01T12:12:26","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=30023"},"modified":"2024-01-01T14:12:26","modified_gmt":"2024-01-01T12:12:26","slug":"vermeende-sakerower-noodlottig-gewond-in-sabie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vermeende-sakerower-noodlottig-gewond-in-sabie\/","title":{"rendered":"Vermeende sakerower noodlottig gewond in Sabie"},"content":{"rendered":"
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek \u2018n skietvoorval waartydens \u2018n vermeende sakerower noodlottig gewond is deur die polisie Saterdagmiddag in Sabie. Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans. <\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":30019,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,6,8],"tags":[169,225,1313,732,250,5140],"yoast_head":"\n
\nVolgens die polisie in Mpumalanga het beamptes op die sakeroof by \u2018n supermark gereageer.
\nVier gewapende mans het die winkeleienaar van \u2018n onbekende hoeveelheid kontant beroof en op die vlug geslaan.
\nDie polisielede het hulle agterna gesit en \u2018n skietgeveg het ontstaan.
\nDie een vermeende sakerower is noodlottig gewond. \u2018n 9 mm-pistool en ammunisie is na bewering aan sy persoon gevind.
\nNog \u2018n verdagte is gewond en gearresteer en onder polisiebewaking in die hospitaal.
\nTwee ander is steeds op vrye voet.
\n\u2018n Saak van sakeroof, poging tot moord en besit van ongelisensieerde vuurwapen is open en \u2018n geregtelike doodsondersoek is gelas.
\nIntussen word daar na verdagtes gesoek na \u2018n gewapende roof by \u2018n huis in Barberton gisteraand.
\nVolgens Hi-Tech Sekuriteit is die inwoners vasgebind en kon hulle eers om ongeveer 02:00 vanoggend alarm maak.
\nVerskeie items is uit die huis gesteel, sowel as hul voertuig.
\n
\nD\u00edt is later in Emjindini deur Cartrack<\/a> teruggevind. Niemand is tydens die voorval beseer of gewond nie.
\nVerder vra die polisie in Mpumalanga enigiemand met inligting om na vore te kom na die verbrande liggame van twee mans in Masoyi ontdek is.
\nHulle is Saterdagoggend by Nhlalakahle Trust opgemerk.
\n
\nEen van die oorledenes is buite die voertuig gevind terwyl die tweede lyk binne-in die uitgebrande voertuig was.
\nDie polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat die mans beskuldig is van veediefstal wat in die area gepleeg is.
\nAlle inligting sal as vertroulik hanteer word.
\nSien ook: <\/strong>Weermaglede red toergids uit Komatirivier<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"