{"id":30015,"date":"2024-01-01T13:57:52","date_gmt":"2024-01-01T11:57:52","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=30015"},"modified":"2024-01-01T13:57:52","modified_gmt":"2024-01-01T11:57:52","slug":"weermaglede-red-toergids-uit-komatirivier","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/weermaglede-red-toergids-uit-komatirivier\/","title":{"rendered":"Weermaglede red toergids uit Komatirivier"},"content":{"rendered":"

\u2018n Toergids moes Vrydagoggend uit die Komatirivier in Komatipoort gered word, nadat sy voertuig die vorige aand meegesleur is.
\nDie polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Selvy Mohlala, s\u00ea die 56-jarige toergids wat in Mosambiek werk, was op pad om gaste van Suid-Afrika op te laai toe hy oor ‘n laagwaterbrug probeer ry het.
\nHy is die volgende oggend deur polisieduikers en weermaglede gered met behulp van \u2018n helikopter.
\nDie voertuig het in die water agtergebly.
\n\"Weermag
\nIntussen word twee ander mans vermis nadat hulle ook Donderdag meegesleur is.
\nDie een, wat nog nie ge\u00efdentifiseer is nie, het dieselfde laagwaterbrug probeer oorsteek.
\nPolisieduikers het na hom gesoek.
\nDie ander man het glo in Kanyamazane in \u2018n stroom ingehardloop n\u00e1 ‘n beweerde rusie by sy huis.
\nLuister: <\/strong><\/p>\n