{"id":29960,"date":"2023-12-27T13:37:48","date_gmt":"2023-12-27T11:37:48","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=29960"},"modified":"2023-12-27T13:37:48","modified_gmt":"2023-12-27T11:37:48","slug":"beroep-op-padgebruikers-om-verantwoordelik-te-bestuur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/beroep-op-padgebruikers-om-verantwoordelik-te-bestuur\/","title":{"rendered":"Beroep op padgebruikers om verantwoordelik te bestuur"},"content":{"rendered":"

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, doen \u2018n beroep op alle padgebruikers om gedurende hierdie feestyd verantwoordelik op die paaie te wees.
\nDit volg na verskeie botsings Saterdagoggend 13 lewens ge\u00ebis het.
\nSes mense is Saterdag dood toe \u2018n minibus op die R38 tussen Barberton en Manzana beheer verloor en by die bergpas afgerol het.
\nNog vier mense is die oggend dood toe \u2018n minibus-taxi en sedan trompop op die R23 tussen Val en Standerton gebots het.
\nOnder die oorledenes tel drie volwasse mans en \u2018n kind.
\nDieselfde oggend het \u2018n sedan en sportnutsvoertuig trompop teen mekaar gebots op die N4 naby Vosman en drie lewens ge\u00ebis, insluitend di\u00e9 van beide bestuurders.
\nDie woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, vra dat motoriste dit vermy om die spoedgrens te oorskry en moedig hulle aan om te verseker dat hul voertuie padwaardig is. Hy s\u00ea bestuurders moet ook gereeld rus wanneer hulle lang afstande afl\u00ea.
\nLuister:<\/strong><\/p>\n