{"id":29878,"date":"2023-12-09T06:05:14","date_gmt":"2023-12-09T04:05:14","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=29878"},"modified":"2023-12-09T06:11:21","modified_gmt":"2023-12-09T04:11:21","slug":"long-tom-pas-busongeluk-eis-sewe","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/long-tom-pas-busongeluk-eis-sewe\/","title":{"rendered":"Long Tom-pas busongeluk eis sewe"},"content":{"rendered":"

Sewe passasiers is dood en 52 mense beseer in ‘n busongeluk toe \u2018n luukse bus Vrydagmiddag op die R37 Long Tom-pas omgeslaan en by die krans afgerol het.<\/p>\n

Volgens Kyle van Reenen, die woordvoerder van Emer-G-Med<\/a>, het die ongeluk omstreeks 16:50 plaasgevind.<\/p>\n

Spesialis-reddingswerkers moes die beseerdes na die padoppervlak bring.<\/p>\n

Drie mense is kritiek beseer en per helikopter na mediese fasiliteite geneem vir behandeling.<\/p>\n

Die woordvoerder van die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, s\u00ea die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.<\/p>\n