{"id":29812,"date":"2023-12-07T14:52:00","date_gmt":"2023-12-07T12:52:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=29812"},"modified":"2023-12-08T15:15:56","modified_gmt":"2023-12-08T13:15:56","slug":"silulumanzi-enigste-in-mpumalanga-met-bloudruppelstatus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/silulumanzi-enigste-in-mpumalanga-met-bloudruppelstatus\/","title":{"rendered":"Net Silulumanzi het Bloudruppelstatus in Mpumalanga"},"content":{"rendered":"

Silulumanzi is die enigste watervoorsiener in Mpumalanga aan wie Bloudruppelstatus toegeken is.
\nDie Blou- en Groendruppelverslae is die week deur die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, bekendgemaak.
\nDit meet die kwaliteit van water wat aan verbruikers voorsien word.
\nSilulumanzi<\/a> het boonop by vier wateraanlegte die status verwerf: Primkop, Karino, Nelspruit en Matsulu.
\nDie woordvoerder van die waterverskaffer, Richmond Jele, s\u00ea egter dit gaan nie oor toekennings nie, maar oor die verskaffing van veilige water aan inwoners.<\/p>\n