{"id":29042,"date":"2023-11-16T15:54:34","date_gmt":"2023-11-16T13:54:34","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=29042"},"modified":"2023-11-16T15:54:34","modified_gmt":"2023-11-16T13:54:34","slug":"onderwyser-op-teregstellingstyl-doodgeskiet","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/onderwyser-op-teregstellingstyl-doodgeskiet\/","title":{"rendered":"Onderwyser op teregstellingstyl doodgeskiet"},"content":{"rendered":"

‘n 37-jarige onderwyser wat ook \u2018n sekretaris van die vakbond Sadtu was en sy vriend is Woensdagaand in Sukani Trust buite Witrivier op teregstellingstyl doodgeskiet.<\/p>\n

Die polisie s\u00ea albei slagoffers het skietwonde gehad en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.<\/p>\n

‘n Grys VW Polo is op die toneel gevind met die sleutels in een van die oorledenes se sak.<\/p>\n

Die polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, s\u00ea hul selfone en ander items was ook in hul besit.<\/p>\n

Die motief van die moord is onbekend.<\/p>\n