{"id":28185,"date":"2023-11-06T07:40:00","date_gmt":"2023-11-06T05:40:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=28185"},"modified":"2023-11-06T08:01:38","modified_gmt":"2023-11-06T06:01:38","slug":"twee-vasgetrek-na-moord-op-megan-griesel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/twee-vasgetrek-na-moord-op-megan-griesel\/","title":{"rendered":"Twee vasgetrek na moord op Megan Griesel"},"content":{"rendered":"
Twee verdagtes is gearresteer weens die moord op Megan Griesel (20) in Lydenburg.<\/p>\n
\u2018n Groep van ongeveer 10 gewapende aanvallers het na bewering vroeg die oggend op 21 Oktober twee vulstasies beroof en \u2018n drankwinkel in die dorp besteel.<\/p>\n
Volgens die polisie het hulle lukraak skote afgevuur.<\/p>\n
Griesel, wat verby gery het, is getref.<\/p>\n
Beide beskuldigdes is 27 jaar oud en het Vrydag reeds in die hof verskyn.<\/p>\n
Die een is Woensdag in Masoyi gearresteer. Hy verskyn m\u00f4re weer in die Lydenburg-hof.<\/p>\n
Die tweede beskuldigde is Donderdag in Kanyamazane aangekeer. Hy was na bewering in besit van \u2018n vuurwapen en ammunisie. Hy het Vrydag in Kabokweni verskyn.<\/p>\n
Hulle staan tereg op aanklagte van onder meer moord, roof en oortreding van die Wet op Plofstowwe sowel as poging tot moord, inbraak by \u2018n sakeonderneming en die onwettige besit van \u2018n vuurwapen en ammunisie.<\/p>\n
\u201cHul identiteite word weerhou om te verhoed dat die ondersoek belemmer word,\u201d s\u00ea die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli.<\/p>\n
Nog verdagtes word gesoek.<\/p>\n
‘n Kersligseremonie word vanaand by Ho\u00ebrskool Lydenburg vir Megan Griesel gehou.<\/p>\n
Die 20-jarige is in die vroe\u00eb oggendure van Saterdag in Lydenburg doodgeskiet toe sy na vermoede verby \u2018n groep gewapende rowers gery het.<\/p>\n
Volgens die polisie het die verdagtes \u2018n geriefswinkel by \u2018n vulstasie beroof en toe op \u2018n naburige sakeonderneming toegeslaan.<\/p>\n
Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.<\/p>\n
Haar gedenkdiens vind Sondag by die NG Kerk Suid in Lydenburg<\/a> plaas.<\/p>\n