{"id":26808,"date":"2023-10-19T12:03:00","date_gmt":"2023-10-19T10:03:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=26808"},"modified":"2023-10-19T12:08:54","modified_gmt":"2023-10-19T10:08:54","slug":"vermeende-transitorower-borgtog-toegestaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vermeende-transitorower-borgtog-toegestaan\/","title":{"rendered":"Vermeende transitorower borgtog toegestaan"},"content":{"rendered":"
‘n Vermeende transitorower wat met drie rooftogte in die Laeveld verbind word, is gister in die Tonga-landdroshof borgtog van R5 000 toegestaan.<\/p>\n
Dit hou verband met ‘n transitoroof wat op 11 Augustus naby Malalane gepleeg is.<\/p>\n
Sewe mense, onder wie drie polisiebeamptes, is reeds daarvoor aangekeer.<\/p>\n
Ses van die beskuldigdes is ook op borgtog vrygelaat.<\/p>\n
Zola Martin Mnisi het verlede week in Kabokweni verskyn op aanklagte van gewapende roof en moord op \u2018n Fidelity-sekuriteitsbeampte in April.<\/p>\n
Hy het ook in Witrivier verskyn vir ‘n roof waartydens \u2018n G4S-sekerheidswag in Julie vermoor is.<\/p>\n
Die saak is uitgestel tot 6 Desember. Nog \u2018n verdagte word gesoek.<\/p>\n
Zola Martin Mnisi (29), wat deur die owerhede gesoek is in verband met verskeie transitorooftogte, het homself aan die polisie oorhandig.<\/p>\n
Hy het gister in die Kabokweni-landdroshof verskyn vir die moord op \u2018n Fidelity-sekuriteitsbeampte tydens \u2018n roof in April.<\/p>\n
<\/p>\n
Volgens die Valke word hy ook gekoppel aan \u2018n roof wat in Julie in Witrivier uitgevoer is waartydens \u2018n G4S-sekuriteitswag dood is, sowel as \u2018n transitoroof wat op 11 Augustus buite Malalane gepleeg is.<\/p>\n
Sewe mense, onder wie drie polisiebeamptes, is reeds daarvoor aangekeer.<\/p>\n
Sien ook:\u00a0<\/strong>Borg vir 6\/7 vermeende transitorowers – Radio Laeveld<\/a><\/p>\n Nog \u2018n verdagte, Mpendulo Absima Hassane, word gesoek.<\/p>\n Die Valke in Mpumalanga is op soek na nog verdagtes wat hulle glo betrokke was by \u2018n transitoroof wat op 11 Augustus naby Malalane uitgevoer is.<\/p>\n Sewe mense is reeds aangekeer, waaronder drie polisiebeamptes.<\/p>\n Lees meer:<\/strong> Sewe vermeende transitorowers weer in hof<\/a><\/p>\n Volgens die woordvoerder van die Valke<\/a>, kapt. Dineo Sekgotodi, is hulle die afgelope week borgtog geweier.<\/p>\n\nNog verdagtes gesoek vir transitoroof naby Malalane, 16 September, 09:48<\/h4>\n