{"id":26480,"date":"2023-09-08T11:51:01","date_gmt":"2023-09-08T09:51:01","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=26480"},"modified":"2023-09-08T11:51:01","modified_gmt":"2023-09-08T09:51:01","slug":"man-vas-wat-glo-swanger-vrou-in-mbombela-middestad-doodskiet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/man-vas-wat-glo-swanger-vrou-in-mbombela-middestad-doodskiet\/","title":{"rendered":"Moord in Mbombela-middestad: Man vas"},"content":{"rendered":"

‘n Man is gisteraand in Louw\u2019s Creek gearresteer in verband met die moord Woensdagoggend op ‘n vrou die Mbombela-middestad.
\nDie 36-jarige vrou was na vermoede swanger.
\nVolgens ‘n woordvoerder van die polisie<\/a>, kol. Donald Mdhluli, was sy vroeg die oggend op pad werk toe, toe die verdagte (33) in \u2018n wit Isuzu-bakkie verbygery en haar naby die taxi-halte geskiet het.
\nDie verdagte het van die toneel gevlug.
\nDie bakkie is dieselfde dag omstreeks 12:00 by Mara naby KaNyamazane buite Mbombela gevind.
\nDie polisie is later deur lede van die gemeenskap in kennis gestel waar die verdagte was.
\nTydens sy arrestasie het die polisie ook ‘n pistool met ammunisie teruggekry wat deel van die ondersoek sal vorm.
\nHy sal na verwagting Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.
\nLuister hier:<\/p>\n