{"id":26034,"date":"2023-10-04T11:42:00","date_gmt":"2023-10-04T09:42:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=26034"},"modified":"2023-10-04T12:10:38","modified_gmt":"2023-10-04T10:10:38","slug":"ses-van-sewe-vermeende-transitorowers-borg-toegestaan","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/ses-van-sewe-vermeende-transitorowers-borg-toegestaan\/","title":{"rendered":"Borg vir 6\/7 vermeende transitorowers"},"content":{"rendered":"

Na sowat 14 dae in die hof is borgtog gister toegestaan aan ses van sewe vermeende transitorowers wat glo betrokke was by ‘n aanval op ‘n gepantserde voertuig van Fidelity buite Malalane op 11 Augustus.<\/p>\n

Die sewende, \u2018n Tanzaniese burger, het sy borgaansoek in die Tonga-hof laat vaar.<\/p>\n

Die hof het bevind dat daar buitengewone omstandighede is wat toelaat dat hulle vrygelaat word wen R5 000 aan elk toegestaan.<\/p>\n

Onder die beskuldigdes tel drie beamptes van die voormalige Witrivier-blitspatrollie.<\/p>\n

Collen Nonyane (44), Sunday Mashego (39) en Bhekinkosi Godi (39) word saam met Bhekifa Ngwenyama (30), Ali Ebrahim (24), Lawrence Lubisi (44) en Moosa Vilakazi (38) aangekla.<\/p>\n

Die aanklagte sluit in poging tot moord; besit van plofstof, onwettige vuurwapens, ammunisie en gesteelde goedere; sowel as opsetlike saakbeskadiging en sameswering om \u2018n misdaad te pleeg.<\/p>\n

Die voorwaardes van hul borg sluit in dat hulle in die hof moet verskyn, nie met staatsgetuies inmeng nie, en elke Vrydag by ‘n polisiestasie aanmeld.<\/p>\n

Die ondersoek duur voort en die span soek nog twee verdagtes wat met die misdaad verbind word.<\/p>\n

Hulle is Zola Martin Minisi (29) en Mpendulo Absima Hassane (31).<\/p>\n

Volgens die Valke word Mnisi ook gekoppel aan ‘n transitoroof en moord van ‘n Fidelity-wag in Kabokweni sowel as ‘n transitoroof en moord op’n G4S-wag in Witrivier.<\/p>\n

Die saak is tot 6 Desember uitgestel vir verdere ondersoek wanneer hulle voor die Malelane Periodiekehof sal verskyn.<\/p>\n

Luister ook:<\/p>\n