{"id":25189,"date":"2023-08-08T09:09:00","date_gmt":"2023-08-08T07:09:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=25189"},"modified":"2023-08-08T09:31:28","modified_gmt":"2023-08-08T07:31:28","slug":"r40-groot-skoonmaak-n-reusesukses","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/r40-groot-skoonmaak-n-reusesukses\/","title":{"rendered":"R40 groot skoonmaak ‘n reusesukses"},"content":{"rendered":"

Die groot skoonmaak wat We Care 4 Nelspruit en die Power of 8000 verlede week op die R40 aangepak het, was \u2018n groot sukses.<\/p>\n

Vir ses dae het spanne bosse weggesny, gras gesny en rommel opgetel.<\/p>\n

TJ Mar\u00e9 s\u00ea hulle kon 1 001 swartsakke met vullis en rommel vul.<\/p>\n

Die area vanaf die kruising na Msholozi tot verby TUT aan die suidpunt van Mbombela is gedek.<\/p>\n

Die fokus was op die middelman, sowel as sowat \u2018n meter aan weerskante van die pad.<\/p>\n

\u201cDaar is mense wat in Rocky Drift werk en vir my s\u00ea hulle het nie geweet daar is \u2018n mediaan wat \u2018n sement gedeelte het nie \u2013 dit was vir so lank so oorgroei,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n

Luister weer hier:<\/p>\n