{"id":24899,"date":"2023-07-26T11:37:51","date_gmt":"2023-07-26T09:37:51","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=24899"},"modified":"2023-07-26T11:38:05","modified_gmt":"2023-07-26T09:38:05","slug":"krisis-met-vragmotors-by-lebombo-eindelik-verlig","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/krisis-met-vragmotors-by-lebombo-eindelik-verlig\/","title":{"rendered":"Krisis met vragmotors by Lebombo eindelik verlig"},"content":{"rendered":"

Die sogenaamde \u201cgrensoorlog\u201d oor vragmotors by Lebombo het vrugte afgewerp, met die verkeer wat nou beter beheer word.
\nLinda Grimbeek van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT<\/a>) s\u00ea hulle werk reeds geruime tyd saam met alle vlakke van die regering om die probleem met die vragmotors by Lebombo op te los.
\nSedert die naweek word vragmotors verhoed om mekaar verby te steek, wat veroorsaak dat die pad nie meer geblokkeer word nie.
\nLebombo is per slot van sake die besigste grenspos in die ganse SADC-streek.
\nGrimbeek gesels tydens Laeveld Ervaring met Robin ook oor die opkomende Asiese mark waarvoor toerisme-ondernemings moet voorberei.
\nLuister hier:
\n