{"id":24103,"date":"2023-07-18T11:02:00","date_gmt":"2023-07-18T09:02:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=24103"},"modified":"2023-07-18T13:21:16","modified_gmt":"2023-07-18T11:21:16","slug":"vyf-verskyn-in-hof-na-vragmotors-brand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vyf-verskyn-in-hof-na-vragmotors-brand\/","title":{"rendered":"Vragmotors brand: Vyf verskyn in hof"},"content":{"rendered":"

Vyf verdagtes wat glo verantwoordelik is vir die onlangse brand van vragmotors, het gister in die Ermelo-landdroshof verskyn.\u00a0Hofrekords het aan die lig gebring dat drie van die vyf mans van KwaZulu-Natal is.<\/p>\n

Nelson Shongwe, Sibusiso Mthethwa, Fundile Mpondo, Mafika Sibande en Nkosingiphile Gumede staan tereg op aanklagte van onder meer poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, opsetlike saakbeskadiging en sameswering om opsetlike saakbeskadiging te pleeg.<\/p>\n

Die aanvalle het in Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Limpopo en die Vrystaat plaasgevind.<\/p>\n

Die polisie s\u00ea hulle glo hulle kan binnekort die hoofleier van di\u00e9 groep vind en verdere inhegtenisnemings kan volg terwyl die ondersoek voortduur.<\/p>\n

Drie is verlede week in hegtenis geneem, terwyl twee tydens intense operasies die naweek in Mpumalanga aangekeer is.<\/p>\n

Die polisiewoordvoerder, brig. Athlenda Mathe, s\u00ea hulle soek altesaam 12 mense.<\/p>\n

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het die polisie geloof vir die vinnige arrestasies.<\/p>\n

Drie-en-twintig vragmotors is die afgelope week in Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal aan die brand gesteek.<\/p>\n

Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, s\u00ea hulle doen alles in hul vermo\u00eb om te keer dat sulke aanvalle weer gebeur.<\/p>\n

Intussen ontken “Operation Dudula” bewerings dat dit betrokke is by die brandstigting.<\/p>\n

Dit volg op mediaberigte dat stemnotas wat die rondte doen die organisasie en die All-Truck Drivers Forum impliseer.<\/p>\n

“Operation Dudula” s\u00ea dit sal nie infrastruktuur vernietig wat die ekonomie gehelp het om te floreer nie.<\/p>\n

LUISTER VOLLEDIGE BERIG<\/strong><\/p>\n