{"id":24088,"date":"2023-07-10T09:28:41","date_gmt":"2023-07-10T07:28:41","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=24088"},"modified":"2023-07-10T09:48:25","modified_gmt":"2023-07-10T07:48:25","slug":"liggaam-van-vermiste-piet-skead-gevind","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/liggaam-van-vermiste-piet-skead-gevind\/","title":{"rendered":"Liggaam van vermiste Piet Skead gevind"},"content":{"rendered":"

‘n Grootskaalse soektog na die vermiste Piet Skead, het vanoggend kort voor 09:00 ten einde geloop toe sy liggaam gevind is.
\nSkead was ‘n bekende sakeman en betrokke lid van die Witirvier-gemeenskap.
\nHy het Saterdag glo om ongeveer 17:30 by die huis uitgestap en is nie weer gesien nie.
\nVolgens Bruce Macaulay wat die soektog geko\u00f6rdineer het, is hy binne ‘n kilometer radius van sy huis gevind.
\nDaar word vermoed dat hy gegly en by die vleiland, tussen Coltshill en Parkview, se bank afgeval het.
\nMeer as ‘n honderd mense het sedert hy as vermis aangemeld is Saterdag te voet, per voertuig en met hommeltuie na Skead help gesoek.
\nDie polisie se honde-eenheid<\/a> is gister ook ontplooi.
\nDie polisie is tans op die toneel en meer besonderhede sal gedeel word sodra dit bevestig is.
\n\"\"
\nLUISTER DIE VOLLEDIGE BERIG HIER<\/strong><\/p>\n