{"id":22478,"date":"2023-05-26T15:21:04","date_gmt":"2023-05-26T13:21:04","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=22478"},"modified":"2023-05-26T17:09:52","modified_gmt":"2023-05-26T15:09:52","slug":"saak-teen-vermeende-renosterstropingsindikaat-tot-julie-uitgestel","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/saak-teen-vermeende-renosterstropingsindikaat-tot-julie-uitgestel\/","title":{"rendered":"Saak teen vermeende stroping-sindikaat tot Julie uitgestel"},"content":{"rendered":"

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga s\u00ea hy is gereed om voort te gaan met die saak teen vier mense wat aangekla word van misdade verwant aan ‘n renosterstropingsindikaat.
\nDie woordvoerder van die NVG, Monica Nyuswa, s\u00ea die voorverhoor-konferensie is geskeduleer vir 17 Julie in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela.
\nTwee van die vermeende ringkoppe wat in September 2018 in verband met die saak aangekeer is, is intussen vermoor.
\nHoofman Clyde Mnisi is vroe\u00ebr vanjaar naby die KMI-lughawe doodgeskiet en Petros \u201cMsengu\u201d Mabuza in Hazyview in 2021.
\n