{"id":22089,"date":"2023-05-17T11:54:32","date_gmt":"2023-05-17T09:54:32","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=22089"},"modified":"2023-05-17T12:40:42","modified_gmt":"2023-05-17T10:40:42","slug":"skok-na-afsterwe-van-drie-leerlinge-in-ongelukke-in-bosbokrand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/skok-na-afsterwe-van-drie-leerlinge-in-ongelukke-in-bosbokrand\/","title":{"rendered":"Skok na afsterwe van drie leerlinge in ongelukke in Bosbokrand"},"content":{"rendered":"

Die departement van onderwys in Mpumalanga betreur die afsterwe van drie leerlinge in afsonderlike ongelukke in Bosbokrand gisteroggend.
\nVolgens die woordvoerder, Gerald Sambo, is ‘n gr. 11 seun dood toe hy deur \u2018n bakkie getref is terwyl hy die R40 oorgesteek het.
\nIn Saselani het die bestuurder van \u2018n taxi wat \u2018n ander voertuig probeer verbysteek het beheer verloor en in vier seuns ingeploeg.
\nTwee broers is dood en twee leerlinge is beseer.
\n