{"id":21726,"date":"2023-05-09T14:54:40","date_gmt":"2023-05-09T12:54:40","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=21726"},"modified":"2023-05-09T14:54:40","modified_gmt":"2023-05-09T12:54:40","slug":"vermeende-transitorower-bly-in-aanhouding","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vermeende-transitorower-bly-in-aanhouding\/","title":{"rendered":"Vermeende transitorower bly in aanhouding"},"content":{"rendered":"

\u2018n Vermeende transitorower wat gister in die Kabokweni-landdroshof verskyn het, bly in aanhouding tot Maandag wanneer hy vir borgtog aansoek kan doen.
\nZakhele Mnisi (39) is Vrydagmiddag aangekeer tydens \u2018n transitoroof tussen Mkhuhlu en Hazyview.
\n\"\"
\nVolgens die Valke het sowat sewe gewapende aanvallers in drie voertuie \u2018n G4S gepantserde voertuig beroof deur die voertuig se voorste wiel te skiet om dit tot stilstand te dwing.
\nDie bestuurder is in die hand geskiet. Die wagte is ook van hul vuurwapens beroof.
\nDie aanvallers kon met \u2018n onbekende bedrag kontant vlug.
\n\u2018n Helikopter van Fidelity wat besig was om \u2018n ander geldwa te vergesel kon die verdagte help aankeer.
\nDie woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi:
\n