{"id":20984,"date":"2023-04-04T13:13:47","date_gmt":"2023-04-04T11:13:47","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=20984"},"modified":"2023-04-19T10:18:56","modified_gmt":"2023-04-19T08:18:56","slug":"trac-gereed-vir-besige-paasnaweek-op-die-n4","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/trac-gereed-vir-besige-paasnaweek-op-die-n4\/","title":{"rendered":"TRAC gereed vir besige Paasnaweek op die N4"},"content":{"rendered":"

TRAC verwag verkeersvolumes op die N4 om beduidend te verhoog tussen Gauteng, Mpumalanga en Maputo hierdie Paasfees.<\/p>\n

Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, s\u00ea dit is die besigste tyd van die jaar op di\u00e9 roete.<\/p>\n

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, loods m\u00f4re die provinsie se padveiligheidveldtog vir Paasfees by die Karino-wisselaar op die N4 buite Mbombela.<\/p>\n

Hul strategie is gegrond op data wat tussen 2018 en 2022 tydens Paasnaweek ingesamel is en poog om noodlottige ongelukke te verminder en roekelose bestuur hok te slaan.<\/p>\n

Verkeersbeamptes sal vanaf 6 tot 11 April 24-uur aan diens wees op ses prioriteitsroetes. Padblokkades sal ingestel word en \u2018n spesiale fokus sal op die Lebombo- en Oshoek-grensposte wees.<\/p>\n

Shongwe vra motoriste om uiters versigtig te bestuur.<\/p>\n

“Ons het planne in plek om ongelukke te verminder, maar ons vra alle padgebruikers om hul deel te doen en versigtig en bedagsaam te bestuur. Ons moet ons eie veiligheid en di\u00e9 van ons mede-padgebruikers prioritiseer.\u201d<\/p>\n

Verwagte piektye op die N4<\/strong>
\nDonderdag 6 April: 11:00 tot 20:00
\nVrydag 7 April: 08:00 tot 17:00
\nMaandag 10 April: 09:00 tot 17:00<\/p>\n

TRAC se bewusmakingsveldtog oor padveiligheid asook hul vinnige reaksie is van Donderdag tot Dinsdag in plek.<\/p>\n

Soares s\u00ea die 24-uur hulplyn is 365 dae beskikbaar aan alle padgebruikers in enige noodgeval.
\nDie nommers is 0800-87-22-64 (RSA) en 800-9022 (Mosambiek).<\/p>\n

Sy gesels met Andri. Luister weer hier:<\/p>\n