{"id":20812,"date":"2023-03-30T11:19:01","date_gmt":"2023-03-30T09:19:01","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=20812"},"modified":"2023-03-30T11:20:41","modified_gmt":"2023-03-30T09:20:41","slug":"polisie-vra-kalmte-na-dodelike-taxigeweld-in-oakley","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/polisie-vra-kalmte-na-dodelike-taxigeweld-in-oakley\/","title":{"rendered":"Polisie vra kalmte n\u00e1 dodelike taxigeweld in Oakley"},"content":{"rendered":"

\u2018n Taxibestuurder is dood en drie mense gewond in taxigeweld in Oakley naby Bosbokrand Dinsdag.
\nVolgens die polisie het ‘n geskil tussen lede van taxiverenigings tot die beweerde kruisvuur gelei.
\nDie 41-jarige July Shabangu is geskiet en het in die Matikwana-hospitaal aan sy wonde beswyk.
\nTwee ander taxibestuurders en ‘n burgerlike is gewond.
\nDie polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Selvy Mohlala, s\u00ea sowat 15 minibusse is beskadig en een is aan die brand gesteek.
\nDie polisie is op ‘n ho\u00eb gereedheidsgrondslag geplaas.
\n