{"id":20568,"date":"2023-03-24T11:52:07","date_gmt":"2023-03-24T09:52:07","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=20568"},"modified":"2023-03-24T11:52:07","modified_gmt":"2023-03-24T09:52:07","slug":"pumas-en-griekwas-vir-eerste-keer-sedert-curriebeker-finaal-weer-slaags","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/pumas-en-griekwas-vir-eerste-keer-sedert-curriebeker-finaal-weer-slaags\/","title":{"rendered":"Pumas en Griekwas vir eerste keer sedert Curriebeker-finaal weer slaags"},"content":{"rendered":"

Die Airlink Pumas speel vanaand tuis teen die Windhoek Draught Griekwas in die Curriebeker, hul eerste kragmeting in die kompetisie sedert die pienktruie die Poubloues in verlede jaar se eindstryd geklop het.
\nHul 26-19 wen in Kimberley was die Pumas se enigste teen die Griekwas in die 2022-seisoen.
\nDie tuisspan is vanjaar sover onoorwonne en het verlede week tuis met 34-27 met die Leeus afgereken.
\nDie Griekwas behoort wel vol selfvertroue te wees na hul 48-40 wen oor die besoekende Haaie in die vorige ronde.
\nVir vanaand is Tinus de Beer terug in die span, maar Sebastiaan de Klerk is in die week geopereer en sal vir ses weke uit wees weens \u2018n besering.
\nHulpafrigter Riaan Lameley en voorryafrigter Corn\u00e9 Steenkamp gesels met Sonop Ontbyt. Luister weer hier.
\n