{"id":20432,"date":"2023-03-22T09:53:26","date_gmt":"2023-03-22T07:53:26","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=20432"},"modified":"2023-03-22T10:15:45","modified_gmt":"2023-03-22T08:15:45","slug":"kuns-inni-liedjiebos","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/kuns-inni-liedjiebos\/","title":{"rendered":"Neem jou pen op vir Kuns inni Liedjiebos"},"content":{"rendered":"

Die veelsydige musikant Lizanne Barnard is op soek na oorspronklike gedigte.
\nDit sal getoonset word of in kunswerke in verskillende genres omskep word wat tydens vanjaar se Innibos Kunstefees uitgestal word.
\n\u201cDit is een van die min produksies wat afhanklik is van die publiek,\u201d s\u00ea Barnard. \u201cOns kan dit nie sonder julle doen nie.
\n\u201cWaag jou hand en skryf, dalk vir die eerste keer, \u2018n gedig,\u201d nooi sy.
\nGedigte (in Afrikaans of Engels) moet by die tema van die fees aansluit. Vanjaar is dit “vars”.
\nDie lengte maak nie saak nie, solank dit gebaseer is op die volgende vier woorde vir inspirasie: Vars, vernuwe, groei en gelukkig.
\nSy gesels met die Sonop Ontbyt-span. Luister hier.
\n